
NG Wierdapark
NG Wierdapark
Sondag tot Sondag 8 | Familie en Vergifnis
In hierdie week se Sondag tot Sondag-gesprek ontvang ons gasspreker en prediker Stefni Jacobs. Pieter en Stefni deel stories oor hoe vergifnis en herstel hul eie lewens en roepingspad raak. Stefni vertel aangrypend van haar werkservaring by Jakaranda en Louis Botha kinderhuise, en hoe sy gesien het dat mense wat diep seergekry het, tog keuses maak om verby pyn te leef – of nie. Haar insigte nooi ons om met meer empatie en eerlikheid oor vergifnis te praat, ook binne ons geloofsgemeenskap.
Pieter deel ’n persoonlike getuienis van hoe hy ná jare weer kontak kon maak met sy neef, en hoe hulle nou besig is om ’n betekenisvolle verhouding te bou. Dit is vir hom ’n teken van God se genade en die misterieuse manier waarop versoening werk – nie altyd onmiddellik nie, maar altyd moontlik.
Ons gesels verder oor die tekste van Genesis 45 en 50 wat in die vorige en komende erediens aan die woord kom, en hoe Josef se verhaal van vergifnis en sorg vir sy broers ons help verstaan hoe God se goedheid sterker is as mense se kwaad – en hoe dít vandag nog in ons lewens waar word.