
NG Wierdapark
God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
Episodes
95 episodes
Aantrek van die Nuwe – ’n Gebedsmeditasie oor Efesiërs 4:20–24
In hierdie sagte, introspektiewe gebedsmeditasie word jy genooi om stil te raak en te reflekteer oor Efesiërs 4:20–24 — die neerlê van die ou mens en die aantrek van die nuwe, geskep in Christus. Laat God se teenwoordigheid jou lei tot vernuwin...
•
11:14

Gebedsbegeleiding | Laat hulle een wees
In hierdie sagte en stil episode van Gebedsbegeleiding word jy uitgenooi om in te sak in die laaste gebed van Jesus vir sy vriende – en vir jou.Met Johannes 17:20–26 as anker, beweeg ons stadig deur stilte, teksmedita...
•
9:55

Sondag tot Sondag - Storms, Stilte en die voorreg van Verbondenheid met Dr. Nioma Venter
In hierdie episode gesels Pieter saam met dr. Nioma Venter, Algemene Sekretaris van die NG Kerk se Algemene Sinode, oor die voorreg en die verantwoordelikheid van bediening – plaaslik, landswyd asook ons verbintenis aan die breër kerk.
•
Season 2
•
Episode 5
•
39:09

Gebedsbegeleiding | Die Donker Kloof en Die Tafel
In hierdie episode van Gebedsbegeleiding word jy stadig en deernisvol begelei deur Psalm 23 — nie as ’n tekst vir afskeid nie, maar as ’n gebed vir die pad van die lewe. Hier word die herder nie geromantiseer nie, die kloof nie vermy n...
•
Season 2
•
Episode 7
•
8:41

Gebedsbegeleiding | God se Teenwoordigheid
Ons leer om te luister na God se stem, te midde die geraas van die wêreld.
•
9:33

Sondag tot Sondag | Paaseiers, Saad en Grond
In hierdie episode praat ons oor Paasfees, detoxing, die Tour de France, Markus 4, en hoe geloof ons help om beter lewens te leef.
•
33:20

Gebedsbegeleiding | Jy en Jou Skepper
Ons reflekteer oor ons verbintenis aan God deur Die Skepping. 'n Vraag om oor te dink vir die week: Hoe kan ek meer bewus wees van God, wanneer ek in aanraking kom met dit wat Hy geskep het?
•
10:12

Gebedsbegeleiding | Om te sien
In hierdie sagte, introspektiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te word, asem te haal en net te wees in die teenwoordigheid van God. Ons beweeg stadig en deernisvol deur Johannes 14:7–11, waar Jesus vir Filippus — en vir ons ...
•
Season 2
•
Episode 4
•
8:41

Sondag tot Sondag met Lourens van Deventer
Ons gesels saam met Lourens oor hulle reis na Australië en oor die waarde van egtheid. Volg Lourens-hulle se reis hier:https://youtube.com/@vandeventers?si=ogLLfCsDpY96897B
•
31:03
Gebedsbegeleiding | Voete en Water
In hierdie sag-geleide gebedsmeditasie word jy uitgenooi om stadig en eerlik stil te word saam met Jesus aan die tafel, op die drempel van sy lyding. Teen die agtergrond van Johannes 13:1–5, waar Jesus die voete van sy dissipels was — ...
•
Season 2
•
Episode 3
•
10:13

Gebedsbegeleiding | Eenvoud Episode 2
Luister saam en word bewus van die eenvoud van God se teenwoordigheid
•
10:24

Sondag tot Sondag | 'n Klomp nuwe goeters
Van Hadidas tydens COVID filming tot by saam kuier in 'n ateljee - hoe God se Woord mense se stories by mekaar bring.
•
Season 2
•
Episode 2
•
26:31

Gebedsbegeleiding | Eenvoud Episode 1
God help ons om te vereenvoudig sodat ons kan onderskei wat werklik saakmaak in die lewe.
•
Season 2
•
Episode 1
•
8:15

Gebedsbegeleiding 9 | In jou
Wat beteken dit om te glo dat Christus nie net rondom jou werk nie… maar binne jou leef?In hierdie episode word jy stadig, eerlik en sag na ’n plek van innerlike bewussyn begelei. Vanuit Kolossense 1:27 — “Christus ...
•
Season 1
•
Episode 9
•
8:12

Sondag tot Sondag 9 | Toksiese Transformasie
Die predikante trek in die nuwe ateljee in, daar’s nog ’n paar kinkels in die kabels (en plafon) is Pieter en Morné terug agter die mikrofoon en praat hulle oor toxic waste (die suurlekkergoed en metafories)! ’n Spontane proe-sessie lo...
•
Season 1
•
Episode 9
•
19:59

Gebedsbegeleiding 8 | Neem die beker weg
In hierdie gebedsbegeleiding staan ons stil by ’n heilige en rou oomblik in Lukas 22:42–46 — Jesus se gebed in die tuin van Getsemane.Ons hoor die woorde wat tussen vrees en vertroue leef: “Vader, as U wil, neem hierdie be...
•
9:00

Gebedsbegeleiding 7 | "Wag"
In hierdie gebedsmeditasie word jy genooi om stil te word saam met Psalm 130 — ’n lied van roep, wag en hoop. Dis ’n gebed uit die donker, maar nie sonder vertroue nie. Hierdie episode gee ruimte vir die een wat wag, wat twyfel, wat nie weet of...
•
8:56

Sondag tot Sondag 8 | Familie en Vergifnis
In hierdie week se Sondag tot Sondag-gesprek ontvang ons gasspreker en prediker Stefni Jacobs. Pieter en Stefni deel stories oor hoe vergifnis en herstel hul eie lewens en roepingspad raak. Stefni vertel aangrypend van haar werkservari...
•
Season 1
•
Episode 8
•
24:41

Gebedsbegeleiding 6 | "Steek jou hand uit"
In hierdie meditatiewe gebedsbegeleiding word jy genooi om stil te raak by ’n oomblik van genesing én konfrontasie. Lukas 6:6–11 vertel van Jesus wat ’n man met ’n verdorde hand genees — nie op ’n toevallige tyd nie, maar in die sinagoge, op di...
•
Season 1
•
Episode 6
•
11:13

Sondag tot Sondag 7 | Vergifnis en Gym
'n Vreemdeling vra vir Pieter waar sy gym tas is.
•
Season 1
•
Episode 7
•
36:43
