NG Wierdapark
God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
NG Wierdapark
Die vier P's vir Pa's (3F Legacy app)
•
NG Wierdapark
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
In hierdie spesiale episode van Sondag tot Sondag gesels ons oor die ontstaan van die 3F Legacy-app – ’n platform wat geloof, fiksheid en vaderskap op ’n unieke manier integreer. Pieter deel die storie agter die app, hoe dit gevorm is uit sy rol as pa, predikant en personal trainer, en hoekom dit nodig is in ’n wêreld van tydarmoede, oorweldiging en verbrokkelde identiteit.
Ons praat oor:
- Hoe die app werk en wat jy gratis kan probeer
- Die uitdaging om liggaamlike én geestelike gesondheid in balans te hou
- Gemeenskap, geloof en verbinding – alles op een plek
- Wat maak 3F anders as ander selfontwikkelings- of fiksheidsprogramme?
Sluit aan by 3F Legacy en kry 25% afslag en ’n gratis proefperiode:
Live with Strength. Lead with Purpose. Leave a Legacy.