NG Wierdapark
God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
NG Wierdapark
Dra Ligter - Gebedsbegeleiding
•
NG Wierdapark
Use Left/Right to seek, Home/End to jump to start or end. Hold shift to jump forward or backward.
In hierdie episode stap ons stadig deur Efesiërs 4:25–32 en ontdek hoe Paulus ons uitnooi om ligter te leef. Soos ’n stapsak wat te swaar gepak is, dra ons dikwels leuens, woede, bitterheid en vrees saam – dinge wat ons lam maak. Maar God bied vir ons ’n nuwe paklys: waarheid, vriendelikheid, vergifnis, en die merk van Sy Gees.
Hierdie is ’n ruimte om stil te word, te luister, en jou eie “klippe” neer te sit. Daar is tyd vir refleksie, vrae wat jou nooi om self te ontdek, en ’n eenvoudige gebed wat jou dra.
🎧 Sluit aan vir 10 minute van rus, eerlikheid en ruimte vir God se werk in jou lewe