
NG Wierdapark
God se koninkryk is anders, daarom is ons anders: ons erken dat God se koninkryk anders lyk as dié van die wêreld waarin ons leef. Ons gemeente is nie begaan oor populêre menings nie, maar word aangespoor deur die andersheid en uitdaging wat God se Goeie Nuus van ons verwag. NG Gemeente Wierdapark diskrimineer en oordeel nie oor mense nie en verwelkom almal wat Christus as hulle Saligmaker bely om in die gemeente en gemeenskap tot diens van God se koninkryk te wees.
NG Wierdapark
Sondag tot Sondag 9 | Toksiese Transformasie
•
NG Wierdapark
•
Season 1
•
Episode 9
Die predikante trek in die nuwe ateljee in, daar’s nog ’n paar kinkels in die kabels (en plafon) is Pieter en Morné terug agter die mikrofoon en praat hulle oor toxic waste (die suurlekkergoed en metafories)! ’n Spontane proe-sessie loop oor in ’n diep gesprek oor hoekom ons soms die dinge inneem (fisies en geestelik) wat ons weet vir ons sleg is… en hoe ons eerder kan kies vir ’n doelbewuste lewe in Christus.
Met Genesis 50 op die horison, sluit hulle die Genesis-reeks af – en besin oor die pad van transformasie wat Efesiërs 4 oopmaak: “Doen weg wat julle ou natuur betref…”